“Vir die laaste keer, Victoria Klaas… As jy saam met hom gaan, sal jy dit die res van jou lewe berou.”
Tipies van Fugard is hierdie kontemporere dramateks rondom ‘n oenskynlik eenvoudige situasie gebou: ‘n konfrontasie tussen Lionel Benson – die man by wie Vicky se ma baie jare gewerk het, en twee jong mense, Freddie Blom en Vicky Klaas. In die loop van die drama word die situasie laag vir laag oopgevlek totdat ‘n mens intens bewus raak van hoe verwikkeld die eintlik is.
Benewens die temas van hoop en hopeloosheid, word die ou Fugard-temas van vergifnis, begrip tussen mense en ontsnapping uit hopelose omstandighede treffend uitgebeeld.
“Die vervlegting van goed en kwaad, die aktuele temas wat voorkom, die literere verwysings wat stof tot ontginning bide, en die sterk spanningslyn sorg vir boeiende leesstof wat beslis geen tienerleser, ongeag sosiale stand of agtergrond, onaangeraak kan laat nie. Dit konfronteer hulle met ‘n werklikheid wat hulle daagliks direk of indirek beleef.” Carine Janse van Rensburg